Go to BOOK SA home
21 Mar 2010

Jacana

@ BOOK Southern Africa

Zinaid Meeran, outeur van Saracen at the Gates, will nie ingeperk word nie

November 12th, 2009 by Thando

Saracen at the GatesZinaid MeeranDie kunsinnige Zinaid Meeran – skrywer agter Saracen at the Gates se kop is oop – hy sê self sy gunsteling mense is die sonder ras, kleur of geslag. Mense wat nie ingeperk word deur kultuur, geslagsrolle of tradisie nie. Dit is ook so vir die hoof karakter in sy boek – Zakira – wat haarself van nuuts moet definiëer. Deborah Steinmar het die kleurvolle knaap in Kaapstad ontmoet:

Zinaid Meeran lyk soos Peter Pan, Dorothy van Oz en Michael Jackson als in een. Hy dra ’n kortbroek en ’n sonbril met wit raam en donker lense soos ’n ruimtereisiger of ’n huisvlieg. Meeran is ’n kultusfiguur met ’n besige, goddelose brein en ’n lakoniese geselstrant – en hy het onder meer ’n meestersgraad van die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles.

Dié Suid-Afrikaanse skrywer het onlangs die EU-toekenning vir sy debuutroman, Saracen at the Gate, gewen. Die boek is ’n skreeusnaakse wipwaentjierit wat wemel van oordadige, fassinerende detail soos Vikram Seth se boeke, elegant en diepgaande soos Salman Rushdie se werk, psigedelies bont soos Bollywood, masala, hibiskus en mango. Dit handel oor ’n Johannesburgse kerriemafia-prinses, Zakira, wat verlief raak op die leier van ’n anargistiese vrouebende.

Boekbesonderhede

Please register or log in to comment